
Belangrike
Inligting
Akkomodasie
Ons is opgewonde om te laat weet dat akkomodasie vir ons gaste wat van vêr af reis gereël is. Om elkeen se gemak en voorkeur in ag te neem, sal reëlings individueel met elke gas bespreek word.
Vervoer
Ons stel graag voor dat gaste vooraf vervoer vir die dag van die troue reël, sodat julle die dag en aand ten volle saam met ons kan geniet. Om dit makliker te maak, het ons 'n paar nuttige voorstelle saamgestel om julle met beplanning te help.
​
Ons Voorstelle:
Uber is ook deur die dag in Franschhoek beskikbaar
​
*Indien jy sou vasbrand met vervoer, praat asseblief met ons, daar is 'n hele paar mense met voertuie wat sal kan help.
Algemene Vrae
1. Hoe laat begin die seremonie?
Die seremonie begin om 16:30, ons vra dat ons gaste ten minste 30 minute voor die tyd moet arriveer om te verseker jy het genoeg tyd om jou sitplek te vind.
2. Mag ek 'n metgesel bring?
Ons sal graag almal wil verwelkom, maar weens ruimte beperkings vra ons vriendelik dat slegs diegene wat op jou uitnodiging gelys is, bywoon.
3. Is die troue binnenshuis of buite?
Die seremonie word buite gehou en onthaal sal binne plaasvind. Bring asseblief 'n ligte baadjie vir die aand wat moontlik koel kan raak.
​
4. Wat moet ek aantrek?
Vir ons Aanvangsfees op die 14de Desember hou ons 'n "alles wit"-viering en vra dat die kleredrag dus slegs wit is. Vir ons Troue is die kleredrag formeel. Verwys asseblief na ons "Vieringe"-bladsy vir meer inligting oor elke geleendheid.